Dinsdag 25 November 2014

Die Geldigheid Van Die Bybelse Huwelik

Ten spyte van die algemene opinie vandag, is die volgende Bybelse waarhede wat 'n opsomming is van Paul Trip se reeks oor die huwelik "What did you expect?" nog geldig:

- Die huwelik en die begin van ‘n gesin is in Genesis deur God ingestel en is Sy wil vir ons as getroude mans en vroue (Gen. 1:26-28). Saamblyery en die sogenaamde gemenereg huwelik is buite God se wil vir ons lewens.

- ‘n Huwelik van eenheid, begrip en liefde, is nie gegrond op die fisiese van die romanse (verliefdheid) nie, maar op die geestelike van aanbidding (diensbaarheid) tot God. Verliefdheid is tydelik. (Lukas 6:43-45)

- ‘n Huwelik is die geleentheid om die klein spesiale oomblikke in die lewe te geniet. Sonde veroorsaak dat ons daadwerklik ons lewens inperk (krimp) tot die grootte van ons lewens en die klein oomblikke miskyk. ( 2 Kor. 5:14-17)

- Aan hierdie kant van die hemel, is die huwelik altyd ‘n stryd tussen twee koninkryke – myne of God sin. Wie is dus in beheer van my lewe? (Lukas 16:13-15)

- Die doel is nie om ‘n goeie huwelik of huweliksmaat te hê nie, maar om met behulp van die huwelik te verander om meer soos Christus te word. Die huwelik is nie ‘n kompetisie nie, maar samewerking. (Fil. 2:3-14)

- Ons moet mekaar liefhê, ten spyte van ons foute, swakhede en omstandighede. Liefde beteken dat ek die deure van my eie koninkryk sluit en God se koninkryk dien!

- Al verskil ons baie van mekaar gebruik God my maat se andersheid om my aan te vul. Dit is ‘n geskenk aan my!





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking