Donderdag 29 Augustus 2013

Wat sê die Bybel oor die konflik in Sirië?

Niemand sal ons kwalik neem as ons nie meer wil ag gee op die gebeure in die Midde-Ooste nie. Artikels wat hieroor handel, sal ongesiens verbyglip. So sal ook die artikel wat Steven Rosenberg, ‘n BBC verslaggewer, gister (28 Augustus, 2013) op die BBC Nuusblad gepubliseer het, wat handel oor Moskou se reaksie t.o.v. die beplande militêre aanval van die Weste op Sirië, dalk nie veel aandag trek nie. ‘n Deel van sy berig lui soos volg: “Russia continues to warn that military intervention will have ‘catastrophic consequences’ for the wider region, including a rise in radical Islam. ... Russia believes that any military action without a mandate from the UN Security Counsel would be a ‘grave violation of international law’.” [http://www.bbc.co.uk/news/world-europe-23865053]

Vir diegene wat rustig wil aangaan met hulle lewens, is hierdie net nóg ‘n berig oor die vertroebeling van die verhouding tussen Rusland en die Weste. Ons is eintlik so gewoond daaraan en selfs sy belangrikste vraag en antwoord aan die einde van die berig, sal min indruk op die meeste mense maak. Dit lui soos volg: “So if there is a military strike, how is Moscow likely to react? Some commentators predict that Moscow may increase weapons supplies to Damascus, forge closer ties with Iran and reduce co-operation with Washington in different areas. There’s little doubt that Western military intervention in Syria will make an already difficult relationship even more trained.” [http://www.bbc.co.uk/news/world-europe-23865053]
 
Vir studente van Bybelse eindtyd profesie, is kennis oor Rusland se internasionale betrekkinge insiggewend. Volgens die profesieë in Esegiël 38, 39 en Joël 2, sal die laaste dae gekenmerk word deur groot ‘n oorlog tussen Gog en Magog (Rusland en Oosblok) en Skeba en Dedan (Die Arabiese Skiereiland wat met die Weste assosieer). Die profeet Esegiël het voorspel dat die Perse (Iran), Togarma (Turkye), Kusiete (Ethiopië) en Putéërs (Libië) gedurende die eerste helfte van die verdrukking tydperk, onder leiding van Rusland, in ‘n magtige stryd betrokke sal raak teen Israel en sy westerse bondgenote om Israel te verpletter. As ons daarom deur die oë van BBC verslaggewers na die gebeure in die Midde Ooste kyk, is daar min twyfel dat ons in hierdie laaste dae leef waarvan Esegiël en Joël praat. Rusland is besig om homself met die Moslem nasies te assosieer teen Israel, die state in die Europese Unie is besig om die basis te vestig waarop die Antichris sy werk deur hulle kan begin en die magtige Ooste is besig om te ontwaak. Die vraag is: Is jy gereed om jou Here te ontmoet, of wil jy deur die verdrukking tydperk op aarde gaan?