Vrydag 14 Februarie 2014

Van Ervaring na Waarheid of Waarheid na Ervaring?

Vandag vind ons baie mense wat verklaar dat hulle een of ander geestelike ervaring gehad het. As hulle gevra word om hierdie ervaring met die Woord van God te toets, dan is daar teenstand. Wat is dan ons outoriteit om te bepaal of iets wat ons ervaar nie net ons verbeelding is nie?

Die Bybel liewe vriende is die allerhoogste en enigste waaragtige outoriteit waardeur alle menslike gedrag, ervarings, kommunikasie, geloof en menings getoets moet word (Joh. 12:48; Rom. 3:4; 2 Tim. 3:16)

Die Christen moet dus in sy verhouding met God en in die uitleef van sy/haar godsdiens van waarheid na ervaring beweeg en nie van ervaring na waarheid nie (2 Tim. 3:17).  

Donderdag 13 Februarie 2014

Die Feite en Foute van Verbondsteologie

Hierdie reeks van artikels deur James Showers wat op die Friends of Israel webblad geplaas is, is die beste uitleg oor hierdie onderwerp wat ek nog gelees het.  Dit verskaf 'n Bybelse evaluering van feite en foute van Verbondsteologie en waarom ons as Litteraliste eerder 'n Dispensasionele benadering tot die uitelg van die Bybel volg.

Deel 1: http://www.foi.org/free-resources/article/facts-and-flaws-covenant-theology-part1/

Deel 2: http://www.foi.org/free-resources/article/facts-and-flaws-covenant-theology-part-2/

Deel 3: http://www.foi.org/free-resources/article/facts-and-flaws-covenant-theology-part-3/

Deel 4: http://www.foi.org/free-resources/article/facts-and-flaws-covenant-theology-part-4/

Sammevatting: http://www.foi.org/free-resources/article/facts-and-flaws-covenant-theology-conclusion/