Vrydag 14 Februarie 2014

Van Ervaring na Waarheid of Waarheid na Ervaring?

Vandag vind ons baie mense wat verklaar dat hulle een of ander geestelike ervaring gehad het. As hulle gevra word om hierdie ervaring met die Woord van God te toets, dan is daar teenstand. Wat is dan ons outoriteit om te bepaal of iets wat ons ervaar nie net ons verbeelding is nie?

Die Bybel liewe vriende is die allerhoogste en enigste waaragtige outoriteit waardeur alle menslike gedrag, ervarings, kommunikasie, geloof en menings getoets moet word (Joh. 12:48; Rom. 3:4; 2 Tim. 3:16)

Die Christen moet dus in sy verhouding met God en in die uitleef van sy/haar godsdiens van waarheid na ervaring beweeg en nie van ervaring na waarheid nie (2 Tim. 3:17).  

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking