Vir diegene wat rustig wil aangaan met hulle lewens, is hierdie net nóg ‘n berig oor die vertroebeling van die verhouding tussen Rusland en die Weste. Ons is eintlik so gewoond daaraan en selfs sy belangrikste vraag en antwoord aan die einde van die berig, sal min indruk op die meeste mense maak. Dit lui soos volg: “So if there is a military strike, how is Moscow likely to react? Some commentators predict that Moscow may increase weapons supplies to Damascus, forge closer ties with Iran and reduce co-operation with Washington in different areas. There’s little doubt that Western military intervention in Syria will make an already difficult relationship even more trained.” [http://www.bbc.co.uk/news/world-europe-23865053]
Vir studente van Bybelse eindtyd profesie, is kennis
oor Rusland se internasionale betrekkinge insiggewend. Volgens die profesieë in
Esegiël 38, 39 en Joël 2, sal die laaste dae gekenmerk word deur groot ‘n oorlog
tussen Gog en Magog (Rusland en
Oosblok) en Skeba en Dedan (Die
Arabiese Skiereiland wat met die Weste assosieer). Die profeet Esegiël het
voorspel dat die Perse (Iran), Togarma (Turkye), Kusiete (Ethiopië) en Putéërs
(Libië) gedurende die eerste helfte van die verdrukking tydperk, onder
leiding van Rusland, in ‘n magtige stryd betrokke sal raak teen Israel en sy
westerse bondgenote om Israel te verpletter. As ons daarom deur die oë van BBC verslaggewers
na die gebeure in die Midde Ooste kyk, is daar min twyfel dat ons in hierdie
laaste dae leef waarvan Esegiël en Joël praat. Rusland is besig om homself met
die Moslem nasies te assosieer teen Israel, die state in die Europese Unie is
besig om die basis te vestig waarop die Antichris sy werk deur hulle kan begin
en die magtige Ooste is besig om te ontwaak. Die vraag is: Is jy gereed om jou
Here te ontmoet, of wil jy deur die verdrukking tydperk op aarde gaan?
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking