Dit
vat nie baie om deesdae onrustig gestem te word oor wêreldgebeure en waarheen
die wêreld op pad is nie. Amper elke
koerantberig, “blog” en televisieprogram wys daar is groot fout. Almal sê dieselfde ding, dat alles met ʼn groot
gejuig agteruitgaan. Daarmee saam soek
elke aktualiteitsprogram, op radio en televisie, raad van die kenners oor wat
verkeerd is, die rede daarvoor en wat ons gaan doen om dit reg te stel. Dag in en dag uit praat hulle oor dieselfde
dinge, probeer die blaam te plaas en probeer die regte perspektief te kry. Tussen “toi-toi” en teologie is daar min
konsensus oor die oorsaak en oplossing van die probleem. Luister ons na die
wetenskaplikes, is hulle smalend selfversekerd dat die volgende geslag, wat volgens
hulle in die ontwikkelingsgang van evolusie is, die probleme sal uitsorteer
omdat hulle geneties beter in staat sal wees daartoe. Niemand is egter presies
seker wat fout is nie. Natuurlik wil ons nie negatief of swartgsallig wees nie, want daar is genoeg hiervan in die nuus en in die gesprekke by die werk.
Die
Bybel sê ons probleme het in Genesis 3 begin. Ons probleem en dié van die wêreld is
met ander worode: SONDE! Adam en Eva, die
eerste man en vrou op aarde, het deur hul ongehoorsaamheid aan die Woord van
God gesondig en omdat die res van die mensdom nasate van hulle twee is, is ons
probleem dieselfde - persoonlike sonde op basis van ons ongehoorsaamheid aan
die Woord van God. Ons sonde en die vernietigende gevolge daarvan, is die
oorsaak van ons probleme en omdat ons groot oupagrootjie Adam en ons groot oumagrootjie
Eva gesterf het as gevolg van sonde, gaan ons dieselfde pad stap. Die Bybel, as die enigste ware geïnspireerde
kommunikasie van God af, gee genadiglik ook die oplossing vir ons probleem met
sonde - die evangeliebelofte van die Seun van God, die Here Jesus Christus wat
gesterf het aan die kruis van Golgotas, maar weer opgestaan het. Soos ons moet
sterf omdat Adam en Eva as straf vir hulle sonde gesterf het, so kan ons weer
leef omdat Jesus leef. Halleluja!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking