Darren Aronofsky se film Noah word deur homself beskryf as die
mees onbybelse Bybelse verhaal wat tot nog toe geproduseer is. As die film se
eie skepper dit so sterk wil verdedig of verontskuldig, wat kan ons as Christene
meer daaroor sê. Natuurlik kan ons as Christene nie bloot net die skouer optrek
en sê: “Wel, wat het jy van Hollywood verwag! ”, of “Ten minste gebruik
hulle ‘n Bybelse tema” nie. Ons kan dit nie bloot net afmaak as nog ‘n kontroversie waaroor
ons liefs maar ons opinie vir onsself moet hou nie. Dit is ‘n onbybelse en dus
onware uitbeelding oor ‘n geliefde karakter in die Bybel. Christene behoort eerder gereed te wees met ‘n Bybels
verantwoordelike antwoord wat mense na die waarheid sal rig, sodat die
evangelie van Jesus Christus hulle harte sal voorberei vir ‘n persoonlike
ontmoeting met God self.
Buiten die verandering of hersiening van
die Bybelse verhaal van Noag, is die baie ooglopende evolusionistiese
ondertoon, redding van die “onskuldiges” (die diere) en die misplasing van die
evangeliese doel van die ark, in my opinie rede genoeg, nie net om die film te
diskrediteer nie, maar om dit geensins met die Bybelse verhaal te vereenselwig
nie.
Daar is daarom ‘n hele aantal sake wat
aangeroer moet word en ek wil dit puntsgewys hieronder uitlê.
1. ‘n Verdraaiing van die
Bybelse teks deur die gebruik van buite Bybelse bronne
Die film het deurgaans sy onbybelse (en
ander temas wat hieronder bespreek word) onderrok so vêr laat uithang dat dit
inderwaarheid nie moeilik was om dit raak te sien nie. Aanvanklik wonder ‘n
mens of hierdie verdraaiings, aanpassing en verdoeseling net onkunde of
kreatiewe vryheid is wat in elk geval oor die algemeen deur die samelewing aan
kunstenaars toegelaat word, maar gou genoeg raak dit duidelik dat die
onwaarhede nie bloot subtiel is nie maar blatant. Wanneer dit met die Bybel te
doen het, moet ons uiters sensitief en onderskeidend te werk gaan. Daarom lig
ons die mees ooglopende veranderinge tussen die verhaal wat die film vertel en vertolk
en die Bybelse weergawe, sodat ons kan bepaal of dit enigsins met die Bybels of
waarheid verbind kan word.[1]
Dit
wat die film uitwys
|
Dit
wat die Bybel verklaar
|
“In the beginning,
there was nothing.”
|
“In the beginning,
God created the heavens and the earth.” (Genesis 1:1)
|
Adam and Eve had
three sons.
|
Adam and Eve had
Cain, Abel, Seth, and other sons and daughters. (Genesis 5:4)
|
Noah’s father
Lamech died when Noah was a young boy.
|
Lamech lives until
Noah is about 595 years old, dying approximately five years before the Flood.
|
Japheth is Noah’s
youngest son.
|
Ham is Noah’s
youngest son (Genesis 9:24 ).
|
Japheth releases
the raven from the ark.
|
Noah releases the
raven (Genesis 9:7).
|
God used the big
bang and evolution (see below for more details).
|
God created
everything in six days (Genesis 1).
|
Man is to be judged
because of what humans have done to the earth.
|
Man is to be judged
for sinning against the holy and righteous God.
|
Noah builds the ark
solely to save “the innocents” (meaning the animals), and after it serves its
purpose, man is to die off.
|
Noah built the Ark
for the saving of his household (Hebrews 11:7) and the animals (Genesis 6:19–20).
|
Dit is juis hierdie nonchalante houding in die weerspieëling van ware Bybelse
gebeure wat letterlik in die geskiedenis plaasgevind het wat nie net die Bybel
ondermyn nie, maar ook die outoriteit van God – dit wat baie slegter gevolge
het vir die samelewing inhou. Gestel ons gaan op hierdie nonchalante manier te
werk met die familie verhaal van die film produsent – sou hy ons nie juis daarvan
beskuldig dat ons weergawe ‘n ondermyning is van wie hy as mens is en vandaan
kom. Veral as ons blatant van die detail verander en hom voorstel as iemand wat
hy nie wou wees nie.
2. ‘n Valse weergawe van die
Bybelse verhaal
Sekere momente in die film laat ‘n mens
beide opgewonde oor die vertelling van die ware feite, maar dan net so weer
teleurgesteld as jy iets hoor wat vreemd val op die oor en die oog. Soos bv.
die verhaal van die gevalle engele (Watchers - klipgedrogte) wat self vertel hoe
hulle eers deur God verwerp is (gevalle engele), maar toe besluit het om die
mens te help. Hierdie klipgedrogte is
dus die gevalle engele wat deur God verwerp is en dan helpers van die mense
word. As hulle tot sterwe kom, in sigself ‘n onwaarheid (‘n gees kan nie sterf
nie), dan gaan hulle terug na God toe.
‘n Ander voorbeeld is waar die
hoofrolspeler, Russel Crowe, wat Noag is, die letterlike skeppingsverhaal lees,
maar op die agtergrond op die skerm word ‘n weergawe gegee van die
skeppingsverhaal wat strook met die valse evolusionistiese weergawe – die Big
Bang tot die aap en dan ‘n uitbeelding van Adam en Eva in ‘n snaakse gloed of
verskynsel.
Hierdie momente sou natuurlik vir die leke
oog ongesiens verbygaan, as dit nie was vir die feit dat dit so geweldig verskil
met letterlike ses-dag skeppingsverhaal wat ons van kleins af uit die Bybel
geleer is nie. By nadere ondersoek, word dit duidelik dat die skeppers van
hierdie film ook by ander buite Bybelse bronne gaan kers opsteek het. Dit sou
te maklik gewees het om te dink dat hulle bloot die Bybelse verhaal met ‘n
Hollywood se sensasiebaadjie aangetrek het. Twee groot buite Bybelse bronne is
gebruik om hierdie tonele of intriges in die storielyn in te bring. Die eerste
is die buite Bybelse die “Boek van Henog”. Daarbenewens is die Gnostiese en esoteriese
oorleweringe van Kabbalisme ook ingebring.
Op hierdie punt wil ek ‘n bietjie afdwaal
deur die woord ondermyning, ‘n woord wat ek voorheen gebruik het, definieer en
beklemtoon. Ondermyning (Subversion)[2]
vind plaas as die storie wat almal ken asook die lewensles daarin op ‘n
subtiele manier verander word om ander nuwe of vreemde temas in te bring wat ‘n
onbekende uiteinde meebring.
Hierdie film bied ‘n ondermyning van die
Bybelse verhaal en gepaardgaande evangeliese lewensles wat ons almal so goed
ken en wat sonder waarskuwing verander word om ander idees in ons denkwyse te
vestig. Dit verskuif die film vanuit die onskuldige Hollywood se soeke-na-sensasie
faam na ‘n Hollywood se doel om jou Bybelse vertrou in God se outoriteit en
soewereiniteit te ondermyn.
3. ‘n Valse weergawe van God
Sekerlik die grootste bydrae tot
ondermyning wat hierdie film maak, is die valse weergawe wat dit van God bied.
Na God word wel tereg verwys as die “Creator” of Skepper, maar Hy word nooit
iets anders genoem nie. Hy word uitgebeeld as ‘n vêraf en onbetrokke goddelike
wese, wat nooit iets sê of van Homself laat hoor behalwe deur Sy veroordelende
gesindheid en onsekere veranderinge in die natuur. Die manier hoe die film
uitbeeld dat God sy instruksies aan Noag kommunikeer, ondermyn die Bybelse
weergawe van ‘n aktiewe en kommunikerende verbondhoudende God wat deurgaans
betrokke was in die lewe van Noag en die aartsvaders. ‘n Uiters skokkende deel van die visioen wat Noag van God ontvang
is wanneer hy onder die invloed kom van een of ander konkoksie wat Noag se
oupa, Metusalem, wat in die film as ‘n tipe toordokter wat in ‘n grot in die
berge bly uitgebeeld word, vir hom gee. Metusalem kom telkens in die storie voor
waar hy towerkunsies en selfs die herstel van die vrugbaarheid van die Ila (‘n
meisie met wie Sem intiem raak en gemeenskap het) herstel.
Die feit is dat God eintlik op ‘n man tot
man manier met Noag gekommunikeer, as ‘n Vader teenoor sy kind en aan Hom presies
oorgedra het wat hy moet doen en hoe dit gedoen moet word. Daar was geensins ‘n
mistiese of esoteriese trans, soos die film dit uitbeeld, by betrokke nie.
God word verder ook as ‘n wrede en soms
gewelddadige Skepper uitgebeeld. ‘n God wat van sy dienskneg Noag verwag om sy
kleindogters dood te maak om sodoende die menslike ras ten einde te bring om
eerder die diere te red. Sy besorgdheid oor die diere blyk baie meer diepliggend
te wees as sy besorgdheid oor sy ongebore dogters. Die enigste plek in die film
waar Noag ‘n poging aanwend om te bid is voordat hy die lewe van die dogters
wil neem in ‘n sogenaamde afwagting vir ‘n teken van God. Hy voer nie sy plan deur nie en word deur
homself as ‘n mislukking beskou en dwaal rond in depressie.
Verder word die temas van reg en geregtigheid,
genade en liefde ondermyn deur die self-erkende ateïstiese skepper van die
film. So bv. word Noag, wat deur die Bybel as ‘n regverdige man beskryf word,
uitgebeeld as ‘n byna psigopatiese man wat daarop uit is om die hele mensdom by
‘n einde te laat kom, terwyl net sy vrou en rebelse kinders ‘n beter perspektief
het. Sy outoriteit as vader van sy kinders en man vir sy vrou word ondermyn
deur hulle optrede teenoor hom.
Die kontras tussen die hoofskobbejak, Tubal
Kain en Noag is ook insiggewend. Die hoofskobbejak kom voor as ‘n
gedetermineerde koning van die land wat byna daarin slaag om Noag se seun Gam te
tot ander insigte te bring en te kry om sy eie pa te vermoor. Die hoofskobbejak
word verwerp deur Noag as ‘n vleisetende moordenaar, maar daar is geen probleem
as Noag (in die begin van die film) self mense doodmaak omdat hulle ‘n dier wil
vang en eet nie.4. ‘n Versagting van die Slang as Verleier
Daar word sommer gou in die film beweeg na die
fokus op slang se vel as ‘n erfstuk. Hierdie skakel tussen die slang se vel as
simbool van oorlewering en die uitverkose Noag, is uiters ontstellend. Noag se
pa, Lamech, bind ‘n snaakse tipe band om sy arm wat later deur Tubal-Kain
afgevat word. Hierdie oorsprong van hierdie gelerige band word in die film
geplaas as afkomstig van die vervelde vel van die slang, die verleier in die
tuin van Eden. Hierdie sinspeling op die Joodse tefillin (phylacteries in Engels), ‘n leerband
wat gedeeltes van die Torah op het, is ‘n ondermyning van Deut. 6:8 waar die
opdrag om die band om hulle arm te plaas gegee word. Die filmmakers het die offers wat Noag gemaak
het nadat die vloed verby was uitgelaat, maar hierdie snaakse band weer te
voorskyn laat kom om die oordrag van goddelike nalatenskap van Noag na Sem aan
te dui. Hierdie vermenging van die bekende met die onbekende (mistiese) is nie
net per ongeluk of onskuldig nie. Dit ken aan Satan en nie aan God die regte
toe om die moederbelofte wat in Gen. 3:15 voorkom oor te dra. Satan, eerder as
Jesus Christus, is die hooffokus van die familie op ‘n ekspedisie om die wêreld
weer bewoonbaar te maak.
Opsomming
Om ‘n film te maak wat ‘n deel van die
Bybel as draaiboek gebruik, plaas die mens onder die verpligting om dit op ‘n
Bybels getrou en verantwoordelike manier weer te gee. Darren Aronofsky, die
skepper van die film Noah, het dit egter nie gedoen nie. Hy het selfs ‘n groot
stap verder gegaan en dit is om die welbekende verhaal en lewenslesse daarin te
ondermyn met evolusionistiese, esoteriese, ateïstiese en selfs paganistiese denkrigtings.
Op basis hiervan keur ons die film ten sterkste af en sal enige persoon afraai
om dit te gaan sien. Daarbenewens glo ek dat ons antwoord ten opsigte van
hierdie film moet wees dat dit enige mense se beeld van God en die Bybelse
outoriteit ondermyn en daarmee saam ook die evangelie van Jesus Christus se
reddende werk aan die kruis van Golgota.
[1] http://www.answersingenesis.org/articles/noah-movie/detailed-review
[2] Subversion is the act of telling a familiar story,
one that "everybody knows" with a moral or lesson "everybody
knows," but making subtle changes and introducing new themes, elements,
and symbols that point to a different conclusion than the one the audience was
expecting.