Ek
wil julle aan ‘n paar dinge herinner wat hierdie tipe vorm van vermaak
aanbetref.
1.) Flieks is vandag ‘n baie populêre vorm van invloed op enige kultuur. Regoor die wêreld gebruik die film industrie flieks om mense op ‘n groot skaal te beïnvloed om anders te dink oor sekere dinge in die lewe. Die filmstudente van ‘n sekere universiteit sal ‘n fliek gebruik om mense se siening oor bv. oorlog, politiek die domineering van een kultuur oor ‘n ander te ontbloot en mense se opinie daaroor in te lig of heeltemal te verander. Alhoewel baie mense ‘n fliek gebruik as ontvlugting en ‘n vorm van ontspanning en vermaak, is ‘n fliek tegnies gesproke soos ‘n klaskamer. Die skerm is die juffrou, die film is die onderwerp en inhoud en jy is die leerling. Elke keer word jy iets geleer of met iets gelaat om oor te dink.
2.) Baie van die
flieks wat ons vandag sien, sal probeer om ‘n onderwerp wat voorheen (toe jou
ma en pa kinders was) taboe was, nou aanvaarbaar te laat lyk. Toe jou ma en pa
groot geword het, sou niemand droom om ‘n fliek te kyk oor ‘n seun wat in ‘n skool
vir helse leer om te toor nie. Tog is Harry Potter, ‘n “cute” seuntjie wat
toor, vandag uiters gewild en populêr. Wat het dan verander van dan tot nou? Ek
dink ma en pa wil nie meer NEE sê vir jou soos hulle ma en pa NEE gesê het vir
hulle nie! Dink ‘n bietjie hieraan. Die storie van vampiere is ‘n miete waar
hierdie wesens wat as half-dier half-mens uitgebeeld word, hulle onsterflikheid
behou deur ander se bloed te drink. Hulle mag nie aan lig bloot gestel word nie
en kom net in die nag uit hulle skuiling. Die offers en ritualisme wat deur
hierdie afgodsdiens voorgestel word, is dieselfde as die ritualisme van
duiwelsaanbidding. Jy mag dalk sê, “Dis Cool!”, maar vir die meeste mense, as
hulle mooi daaroor nadink, is dit ‘n abnormale tipe storielyn.
3.) Dit is juis die
punt, want in die naam van kuns en vryheid van spraak, is enige iets
toelaatbaar vandag. Mense kan
boeke skryf, skilderye skilder en liedjies komponeer en enige iets wat hulle
wil daardeur kommunikeer. Maak nie regtig saak of dit onvanpas en skadelik is
vir ons emosionele welstand nie. Wat sal jou vriende sê as jy more vir jou
vriende vertel dat jy gedroom het van vampiere en bloedsuigende monsters en dat
jy boonop dink dit is iets wat nie teenstrydig is met die Bybel nie. Hulle sal
dink jy is ‘n bietjie mal. Wel, Stephenie Meyer, die outeur van die boek en die
fliek reeks, het die hele storie wat as “Twilight” bekend staan in ‘n droom gekry.
Sy het toe begin om hierdie storie te skryf. Sy het selfs ‘n besoek gehad van
die vampier karakter, Edward, wat hoorbaar met haar gepraat het. Sy het ook ‘n
boek geskryf, “The Host”, wat handel oor demoniese besetting. In die naam van
kuns word hierdie storie oor vorms van okkultisme (duiwelsaanbidding) te ver
gevat. Dit is nie God se wil vir ons om met hierdie tipe vermaak om te gaan
nie.
4.) Baie mense sê
natuurlik, “Dit is net ‘n fliek!” En die goeie word boonop in die vampier held,
Edward, uitgebring. Is dit dan so verkeerd? Dit is nog ‘n ding wat vandag
plaasvind. Daar is ‘n vermenging van die goeie en die slegte. Iets wat sleg is
word goed gemaak deur mense wat nie krities dink nie. Edward, wat ‘n vampier is
en deel uitmaak van ‘n hele groep vampiere, moet mense se bloed drink om aan
die lewe te bly (dis wat vampiere veronderstel is om te doen, al is dit net fiksie).
Hy raak egter verlief op Bella en besluit om nie haar lewe te neem deur haar
bloed te drink nie. Dit is nou vir mense (en natuurlik vir jongmense) baie
“cool”, want dit is mos die liefde wat die ou goed maak. Almal kyk vas in die
sogenaamde goeie of tema van liefde, maar vergeet dat die Bybel eerstens nooit
praat van vampiere nie, en tweedens word die inname van bloed ten sterkste
verbied (Deut.
o
2Timotheus 4:3-4 sê “daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die
gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil
wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie
begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot
fabels.” Mense sal in die laaste dae hulle wegdraai van gesonde (Bybelse) leer
en hulle wend na “fabels”, sagas of mietes. Hulle sal dit doen omdat hulle
begeer om iets anders as die waarheid (Bybel) te volg. Hulle is verveeld met
die Bybel en met Christelike waarheid. Hulle wil nie anders wees nie, maar
normaal.
o
Daar
is ‘n sterk waarskuwing in Ef. 5:11-12 wat sê: “en hou nie gemeenskap met die onvrugbare
werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. Want wat in die geheim
deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem. Maar al die dinge wat deur die lig bestraf
word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig.” Christene moet ‘n
onderskeid tref tussen die dinge wat in die lig hoort, wat met ander woorde met
Jesus Christus geassosieer kan word, en die dinge wat met Satan geassosieer
word. Nadat hulle hierdie onderskeid getref het, moet hulle dit bestraf, of
wegdoen daarmee. Christene kan nie die dinge van die duisternis en die lig meng
en maak asof dit niks beteken nie. So ‘n Christen sal deur sy eie gewete
aangekla word.
o
Hand. 15:19-20 “Daarom
oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet
bemoeilik nie, maar aan hulle skrywe dat
hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van
hoerery en van wat verwurg is en van bloed.” ‘n Christen word, beide in die Ou
en Nuwe Testament, nie toegelaat om met die dinge van afgode of okkulte
besoedel te raak nie. Dit sluit it in die inname van bloed. Die paganistiese
rituele het te doen gehad met die inname van bloed en dit is waarvan die
Christene hulleself bekeer het. As die hantering van bloed te doen het met
afgodery moet ons as Christene dan sit en kyk of lees van hierdie tipe goed, al
word dit hoe romanties of sedelik uitgebeeld?
o
1 Kor. 10:20-21 “Nee, maar
dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil
nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en
ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die
Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.” Hoe kan iemand wat byvoorbeeld
op ‘n Saterdag aan die ritualisme van die vampiere godsdiens deelneem en
onsedelik met ‘n jong dame verkeer, net die volgende dag deelneem aan die
Nagmaal tafel van die Here Jesus Christus. Dit is nie net ongehoord en
abnormaal nie, maar totaal teen die wil van God vir die gemeente van Christus.
o
Tit. 3:4-7
“Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot
die mens verskyn het— nie op grond van
die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid
het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die
Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort
het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;
sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig
die hoop van die ewige lewe.” Daar is net een manier hoe ons gered kan word en die ewige
lewe kan
beërwe. Hierdie die meisie in die karakter wat haarself oorgegee het aan die
vampiere leefwyse, het nie die ewige lewe in die lig van Jesus Christus en Sy
Woord gekies nie, maar die lewe in die duisternis. Alhoewel dit net ‘n fliek
is, is die implikasies daarvan totaal vervreemd met die waarheid van die
evangelie en moet dit sonder meer verwerp word.
Bronmateriaal:
T. A. McMahon The Berean Call, http://www.thebereancall.org/content/may-2010-q-and-a-3
By: Pastor Bill Randles