Donderdag 29 Mei 2014

Die Onware Film oor die lewe van Noag


Darren Aronofsky se film Noah word deur homself beskryf as die mees onbybelse Bybelse verhaal wat tot nog toe geproduseer is. As die film se eie skepper dit so sterk wil verdedig of verontskuldig, wat kan ons as Christene meer daaroor sê. Natuurlik kan ons as Christene nie bloot net die skouer optrek en sê: “Wel, wat het jy van Hollywood verwag! ”, of “Ten minste gebruik hulle ‘n Bybelse tema” nie. Ons kan dit nie bloot net afmaak as nog ‘n kontroversie waaroor ons liefs maar ons opinie vir onsself moet hou nie. Dit is ‘n onbybelse en dus onware uitbeelding oor ‘n geliefde karakter in die Bybel.  Christene behoort eerder gereed te wees met ‘n Bybels verantwoordelike antwoord wat mense na die waarheid sal rig, sodat die evangelie van Jesus Christus hulle harte sal voorberei vir ‘n persoonlike ontmoeting met God self.
Buiten die verandering of hersiening van die Bybelse verhaal van Noag, is die baie ooglopende evolusionistiese ondertoon, redding van die “onskuldiges” (die diere) en die misplasing van die evangeliese doel van die ark, in my opinie rede genoeg, nie net om die film te diskrediteer nie, maar om dit geensins met die Bybelse verhaal te vereenselwig nie.

Daar is daarom ‘n hele aantal sake wat aangeroer moet word en ek wil dit puntsgewys hieronder uitlê.

1.       ‘n Verdraaiing van die Bybelse teks deur die gebruik van buite Bybelse bronne
Die film het deurgaans sy onbybelse (en ander temas wat hieronder bespreek word) onderrok so vêr laat uithang dat dit inderwaarheid nie moeilik was om dit raak te sien nie. Aanvanklik wonder ‘n mens of hierdie verdraaiings, aanpassing en verdoeseling net onkunde of kreatiewe vryheid is wat in elk geval oor die algemeen deur die samelewing aan kunstenaars toegelaat word, maar gou genoeg raak dit duidelik dat die onwaarhede nie bloot subtiel is nie maar blatant. Wanneer dit met die Bybel te doen het, moet ons uiters sensitief en onderskeidend te werk gaan. Daarom lig ons die mees ooglopende veranderinge tussen die verhaal wat die film vertel en vertolk en die Bybelse weergawe, sodat ons kan bepaal of dit enigsins met die Bybels of waarheid verbind kan word.[1]

Dit wat die film uitwys
Dit wat die Bybel verklaar
“In the beginning, there was nothing.”
“In the beginning, God created the heavens and the earth.” (Genesis 1:1)
Adam and Eve had three sons.
Adam and Eve had Cain, Abel, Seth, and other sons and daughters. (Genesis 5:4)
Noah’s father Lamech died when Noah was a young boy.
Lamech lives until Noah is about 595 years old, dying approximately five years before the Flood.
Japheth is Noah’s youngest son.
Ham is Noah’s youngest son (Genesis 9:24 ).
Japheth releases the raven from the ark.
Noah releases the raven (Genesis 9:7).
God used the big bang and evolution (see below for more details).
God created everything in six days (Genesis 1).
Man is to be judged because of what humans have done to the earth.
Man is to be judged for sinning against the holy and righteous God.
Noah builds the ark solely to save “the innocents” (meaning the animals), and after it serves its purpose, man is to die off.
Noah built the Ark for the saving of his household (Hebrews 11:7) and the animals (Genesis 6:19–20).

Dit is juis hierdie nonchalante houding in die weerspieëling van ware Bybelse gebeure wat letterlik in die geskiedenis plaasgevind het wat nie net die Bybel ondermyn nie, maar ook die outoriteit van God – dit wat baie slegter gevolge het vir die samelewing inhou. Gestel ons gaan op hierdie nonchalante manier te werk met die familie verhaal van die film produsent – sou hy ons nie juis daarvan beskuldig dat ons weergawe ‘n ondermyning is van wie hy as mens is en vandaan kom. Veral as ons blatant van die detail verander en hom voorstel as iemand wat hy nie wou wees nie.   

2.       ‘n Valse weergawe van die Bybelse verhaal
Sekere momente in die film laat ‘n mens beide opgewonde oor die vertelling van die ware feite, maar dan net so weer teleurgesteld as jy iets hoor wat vreemd val op die oor en die oog. Soos bv. die verhaal van die gevalle engele (Watchers - klipgedrogte) wat self vertel hoe hulle eers deur God verwerp is (gevalle engele), maar toe besluit het om die mens te help.  Hierdie klipgedrogte is dus die gevalle engele wat deur God verwerp is en dan helpers van die mense word. As hulle tot sterwe kom, in sigself ‘n onwaarheid (‘n gees kan nie sterf nie), dan gaan hulle terug na God toe.

‘n Ander voorbeeld is waar die hoofrolspeler, Russel Crowe, wat Noag is, die letterlike skeppingsverhaal lees, maar op die agtergrond op die skerm word ‘n weergawe gegee van die skeppingsverhaal wat strook met die valse evolusionistiese weergawe – die Big Bang tot die aap en dan ‘n uitbeelding van Adam en Eva in ‘n snaakse gloed of verskynsel.
Hierdie momente sou natuurlik vir die leke oog ongesiens verbygaan, as dit nie was vir die feit dat dit so geweldig verskil met letterlike ses-dag skeppingsverhaal wat ons van kleins af uit die Bybel geleer is nie. By nadere ondersoek, word dit duidelik dat die skeppers van hierdie film ook by ander buite Bybelse bronne gaan kers opsteek het. Dit sou te maklik gewees het om te dink dat hulle bloot die Bybelse verhaal met ‘n Hollywood se sensasiebaadjie aangetrek het. Twee groot buite Bybelse bronne is gebruik om hierdie tonele of intriges in die storielyn in te bring. Die eerste is die buite Bybelse die “Boek van Henog”. Daarbenewens is die Gnostiese en esoteriese oorleweringe van Kabbalisme ook ingebring.   

Op hierdie punt wil ek ‘n bietjie afdwaal deur die woord ondermyning, ‘n woord wat ek voorheen gebruik het, definieer en beklemtoon. Ondermyning (Subversion)[2] vind plaas as die storie wat almal ken asook die lewensles daarin op ‘n subtiele manier verander word om ander nuwe of vreemde temas in te bring wat ‘n onbekende uiteinde meebring.  
Hierdie film bied ‘n ondermyning van die Bybelse verhaal en gepaardgaande evangeliese lewensles wat ons almal so goed ken en wat sonder waarskuwing verander word om ander idees in ons denkwyse te vestig. Dit verskuif die film vanuit die onskuldige Hollywood se soeke-na-sensasie faam na ‘n Hollywood se doel om jou Bybelse vertrou in God se outoriteit en soewereiniteit te ondermyn.    

3.       ‘n Valse weergawe van God
Sekerlik die grootste bydrae tot ondermyning wat hierdie film maak, is die valse weergawe wat dit van God bied. Na God word wel tereg verwys as die “Creator” of Skepper, maar Hy word nooit iets anders genoem nie. Hy word uitgebeeld as ‘n vêraf en onbetrokke goddelike wese, wat nooit iets sê of van Homself laat hoor behalwe deur Sy veroordelende gesindheid en onsekere veranderinge in die natuur. Die manier hoe die film uitbeeld dat God sy instruksies aan Noag kommunikeer, ondermyn die Bybelse weergawe van ‘n aktiewe en kommunikerende verbondhoudende God wat deurgaans betrokke was in die lewe van Noag en die aartsvaders. ‘n Uiters skokkende  deel van die visioen wat Noag van God ontvang is wanneer hy onder die invloed kom van een of ander konkoksie wat Noag se oupa, Metusalem, wat in die film as ‘n tipe toordokter wat in ‘n grot in die berge bly uitgebeeld word, vir hom gee. Metusalem kom telkens in die storie voor waar hy towerkunsies en selfs die herstel van die vrugbaarheid van die Ila (‘n meisie met wie Sem intiem raak en gemeenskap het) herstel.   

Die feit is dat God eintlik op ‘n man tot man manier met Noag gekommunikeer, as ‘n Vader teenoor sy kind en aan Hom presies oorgedra het wat hy moet doen en hoe dit gedoen moet word. Daar was geensins ‘n mistiese of esoteriese trans, soos die film dit uitbeeld, by betrokke nie.
God word verder ook as ‘n wrede en soms gewelddadige Skepper uitgebeeld. ‘n God wat van sy dienskneg Noag verwag om sy kleindogters dood te maak om sodoende die menslike ras ten einde te bring om eerder die diere te red. Sy besorgdheid oor die diere blyk baie meer diepliggend te wees as sy besorgdheid oor sy ongebore dogters. Die enigste plek in die film waar Noag ‘n poging aanwend om te bid is voordat hy die lewe van die dogters wil neem in ‘n sogenaamde afwagting vir ‘n teken van God.  Hy voer nie sy plan deur nie en word deur homself as ‘n mislukking beskou en dwaal rond in depressie.

Verder word die temas van reg en geregtigheid, genade en liefde ondermyn deur die self-erkende ateïstiese skepper van die film. So bv. word Noag, wat deur die Bybel as ‘n regverdige man beskryf word, uitgebeeld as ‘n byna psigopatiese man wat daarop uit is om die hele mensdom by ‘n einde te laat kom, terwyl net sy vrou en rebelse kinders ‘n beter perspektief het. Sy outoriteit as vader van sy kinders en man vir sy vrou word ondermyn deur hulle optrede teenoor hom.
Die kontras tussen die hoofskobbejak, Tubal Kain en Noag is ook insiggewend. Die hoofskobbejak kom voor as ‘n gedetermineerde koning van die land wat byna daarin slaag om Noag se seun Gam te tot ander insigte te bring en te kry om sy eie pa te vermoor. Die hoofskobbejak word verwerp deur Noag as ‘n vleisetende moordenaar, maar daar is geen probleem as Noag (in die begin van die film) self mense doodmaak omdat hulle ‘n dier wil vang en eet nie.

4.       ‘n Versagting van die Slang as Verleier

Daar word sommer gou in die film beweeg na die fokus op slang se vel as ‘n erfstuk. Hierdie skakel tussen die slang se vel as simbool van oorlewering en die uitverkose Noag, is uiters ontstellend. Noag se pa, Lamech, bind ‘n snaakse tipe band om sy arm wat later deur Tubal-Kain afgevat word. Hierdie oorsprong van hierdie gelerige band word in die film geplaas as afkomstig van die vervelde vel van die slang, die verleier in die tuin van Eden. Hierdie sinspeling op die Joodse tefillin (phylacteries in Engels), ‘n leerband wat gedeeltes van die Torah op het, is ‘n ondermyning van Deut. 6:8 waar die opdrag om die band om hulle arm te plaas gegee word.  Die filmmakers het die offers wat Noag gemaak het nadat die vloed verby was uitgelaat, maar hierdie snaakse band weer te voorskyn laat kom om die oordrag van goddelike nalatenskap van Noag na Sem aan te dui. Hierdie vermenging van die bekende met die onbekende (mistiese) is nie net per ongeluk of onskuldig nie. Dit ken aan Satan en nie aan God die regte toe om die moederbelofte wat in Gen. 3:15 voorkom oor te dra. Satan, eerder as Jesus Christus, is die hooffokus van die familie op ‘n ekspedisie om die wêreld weer bewoonbaar te maak.    

Opsomming      
Om ‘n film te maak wat ‘n deel van die Bybel as draaiboek gebruik, plaas die mens onder die verpligting om dit op ‘n Bybels getrou en verantwoordelike manier weer te gee. Darren Aronofsky, die skepper van die film Noah, het dit egter nie gedoen nie. Hy het selfs ‘n groot stap verder gegaan en dit is om die welbekende verhaal en lewenslesse daarin te ondermyn met evolusionistiese, esoteriese, ateïstiese en selfs paganistiese denkrigtings. Op basis hiervan keur ons die film ten sterkste af en sal enige persoon afraai om dit te gaan sien. Daarbenewens glo ek dat ons antwoord ten opsigte van hierdie film moet wees dat dit enige mense se beeld van God en die Bybelse outoriteit ondermyn en daarmee saam ook die evangelie van Jesus Christus se reddende werk aan die kruis van Golgota.  




[1] http://www.answersingenesis.org/articles/noah-movie/detailed-review
[2] Subversion is the act of telling a familiar story, one that "everybody knows" with a moral or lesson "everybody knows," but making subtle changes and introducing new themes, elements, and symbols that point to a different conclusion than the one the audience was expecting.